Die gemeente het Sondag 7 Mei die voorreg gehad om nog ‘n jaar se verjaarsdae saam met ons geliefde herderspaar te vier. Baie geluk aan hul altwee en mag die Here hulle ryklik seën in die jaar wat voorlê. Ons as gemeente waardeer al hul harde werk en kon nie vir beter herders gevra het nie.