Na jare se insette, opofferings en harde werk het tannie Elsie van die welsynraad bedank. Die welsyn het dit goed gedink om vir haar dankie te se vir alles wat sy vir die raad beteken het. Sy was vir lank die sekretaresse en het baie hard gewerk om die klerekamer in orde te hou en seker te maak almal wat iets nodig het kry dit. Baie dankie tannie Elsie vir alles wat tannie vir die minder bevooregtes beteken het in die jare wat tannie op die raad gedien het.