Die stal en ‘n krip…?

Luk 2:11  “dat vir julle vandag in die stad van Dawid gebore is die Saligmaker wat Christus die Here is”

Luk 2:12  “En dit is vir julle die teken: julle sal ‘n kindjie vind wat in doeke toegedraai is en wat in die krip le”

Die aankondiging van die Engele sou aandag trek.  Dawid was en word nog tot vandag as die grootste Koning van Israel beskou.

In sommige kringe sal mens meer feite oor David se lewe kan bevestig as oor Jesus Christus.  Israel het verwag dat die Messias sou kom uit die nageslag van Dawid.

Bethelem was die stad van koning Dawid.

Die vraag is sou ons werklik reageer op:  Julle sal ‘n Kindjie vind wat…in die krip le?

Die stad was die regte plek.  Die verwysing na Dawid die regte persoon, maar die stal en krip pas nie eindelik in die prentjie nie.

In ons modern tyd pas die stal en krip nie meer nie.  Dit skreeu teen die moderne mense regte.  Dit is onmenslik om te dink dat die Kind in ‘n stal gebore sou word en boonop in ‘n krip sou le.

Dit was egter vir die wat na Jesus gegaan het ook ‘n uitdaging.

Die uitdaging van die herders

  1.  Hulle moes die skape oppas.  Dit was nie hulle eie skape nie.  Hierdie herders was huurlinge wat naens die eienaars die skape moes oppas.
  2. Hulle moes van elke skaap rekenskap gee.  Elke siek skaap, of sterfte moes aan die eienaar gerapporteer word.  Die Herder moes dikwels bewys as ‘n wilde dier ‘n skaap sou vang.
  3. Die nag was die gevaarlikste tyd.  Roofdiere het dikwels in die nag gejag.  Die skape was afhanklik van die beskerming van die Herder.
  4. Die skaap boerdery was die eienaars se sakepraktyk.  Indien die skape iets sou oorkom was die eienaars se boerdery dalk in gevaar of bankrot.  Hier was baie op die spel.
  5. Die oppas van die skape het die Herders verseker van ‘n inkomste.  Hulle was totaal afhanklik van ‘n inkomste deur skape op te pas, m.a.w dit was eintlik onmoontlik vir die Herders om die skape te verlaat.
  6. Die rede om die skape te verlaat was vreemd.  Wie sou glo dat die Saligmaker in ‘n stal in n krip sou le?  Veel eerder in ‘n ordentlike plek.  Miskien sal iemand hulle dalk dan glo.
  7. Die verskyning van die Engele kon bevraagteken word.  Die herders was geen vooraanstaande mense nie met geen of weinige teologiese kennis.

Beweeg nou na Jesus!!!

Skaam ons ons dalk om die Jesus van die stal, krip en aan die kruis te erken as ons Saligmaker en Redder?  Die herders het onmiddelik besluit ons wil Hom ontmoet.  Wat weerhou jou om na Jesus te kom vandag?

Dankie aan elke lidmaat van ons gemeente vir die jaar 2016 se samewerking.  U liefde, gebede en ondersteuning gedurende die jaar word opreg waardeer.  Ons as gesin is bly en dankbaar om deel van die gemeente te kan wees.  Mag Sy goedheid en guns met u wees.  Weet verseker omdat Jesus leef sien ons kans vir vandag en 2017.

In Sy diens tot u diens.

Pastoor Hannes, Sharon en Rohan.