Getuienis van Alta Meyer

Dit was vir my ‘n wonderlike gebeurtenis toe ek, een oggend wat die
Woord bedien is hier by Ons Hulde Ouetehuis, tot die oortuiging gekom
het om my te laat doop. Dit was jare lank my begeerte.
Ek het in Welkom grootgeword en het vir 39 jaar daar gewoon. My
ouers was AGS lidmate, maar ek is in daardie tyd nooit gedoop nie. Ek
het reeds met my aanneming en voorstelling by die NG kerk die
kinderdoop bevraagteken en ondersoek. Niemand daar het ooit vir my
antwoorde kon gee op my vrae oor die doop nie. My begeerte was om
my te laat doop soos wat die Bybel dit vereis.
Ek het my gekwalifiseer as musiekonderwyseres en was vir 22 jaar
orrelliste van ‘n NG gemeente. Ek het 25 jaar gelede na Potchefstroom
verhuis. Na my man se wrede afsterwe en later ‘n motorongeluk wat my
heupbesering veroorsaak het, woon ek nou in Ons Hulde Ouetehuis.
Dankie dat ek my na soveel jare kon laat doop het by die plaaslike AGS

Sentraal gemeente op die 24ste November 2019. Al die eer aan die Here
wat my deur al die jare beskerm het.