UIT DIE WOORD

In die vierde nagwaak het Jesus na hulle gekom.  Jesus het sy dissipels gedwing om op die see te vaar.  Jesus self het op die berg geklim en gebid.

Die nag het gevorder dit het later geword en ‘n storm het op die see ontstaan.  Die eerste nagwaak die tweede nagwaak en die derde nagwaak het verby gegaan.  Die storm het al hewiger geword.

Die vraag ontstaan Here waar is u,  terwyl ons die stormagtige nagwake moet trotseer.  Jesus gryp juis in wanneer ons dink en ervaar dit is te laat.

In die vierde nagwaak is ons bewus van die storms en dan ook van spoke.  Dink by uself dit is nag en op die stormagtige see kom iemand aangeloop.  Sal jy weet dit is Jesus?  Die vierde nagwaak is net voor dagbreek.

JESUS HET IN DIE VIERDE NAGWAAK INGEGRYP

Wat moet ons doen met die aanbreek van die vierde nagwaak?

IN DIE VIERDE NAGWAAK….DOEN NET SOOS HY SE

Johannes 2:3-5 “Hulle het geen wyn nie”  In die (vierde nagwaak) wanneer die wyn op raak moet ons net doen soos Hy se ‘Joh 2:5 “Net wat Hy vir julle se moet julle doen”

IN DIE VIERDE NAGWAAK…GEE JULLE VIR HULLE IETS OM TE EET

Mattheus 14:15  “En toe dit aand geword het kom sy dissipels na Hom en se: Die plek is verlate, en dit is al oor die tyd….”

Jesus se “Hulle hoef nie weg te gaan nie, gee julle vir hulle iets om te eet.”   Jesus vermeerder 5 brode en 2 visse en die dissipels kan die vermeerdering aanskou en uitdeel aan die skare.  Wees besig met die Here en sy werk.

IN DIE VIERDE NAGWAAK…WAAK EN BID DAT JULLE NIE IN DIE VERSOEKING KOM NIE

Jesus in Getsemane, waar mense Hom in die steek gelaat het.  In die vierde nagwaak is jy dikwels alleen, almal het jou in die steek gelaat.  Mattheus 26:37-39 “Waak en bid, dat julle nie in versoeking kom nie.  Die gees is wel gewillig, maar die vlees is swak.”

IN DIE VIERDE NAGWAAK…GOD SE TYD

Die vierde nagwaak is God se tyd, daarom weet ons nie wanneer die tyd verby is nie.  Johannes 11:39 “Here, hy ruik al, want hy is al vier dae dood.”  Jesus het uitgeroep “Lasarus kom uit”.  Die oorlede het uitgekom en Jesus se: “Maak hom los en laat hom gaan.”  Lees 1 Thes 4:16-17 “En so sal ons altyd by die Here wees”

IN DIE VIERDE NAGWAAK…GAAN UIT HOM TE GEMOET

Mattheus 25:6-13 U gaan eksta olie nodig he as die Bruidegom kom.  Met middernag vir hierdie skrywe die vierde nagwaak.  Kom die geroep:  “Daar kom die bruidegom.  Net die wat gereed was het saam met Hom gegaan.”  Jesus gaan kom op ‘n uur wat ons dit nie verwag nie.

In die vierde nagwaak het Petrus gedink ek gaan sterf.  Mattheus 14:31 “En Jesus het dadelik sy hand uitgesteek en hom gegryp en vir hom gese: ‘Kleingelowige, waarom het jy getwyfel?’

Jesus en Petrus het op die stormagtige see geloop en die boot veilig bereik en die storm het bedaar.  Jesus is by jou in die vierde nagwaak van jou lewe.  Hy kom verseker om sy kinders te kom haal.

Matt 25:13 “Waak dan, omdat julle die dag en die uur nie weet nie (die vierde nagwaak) waarop die Seun van die mens kom nie.”

Baie belangrik

Ons versoek u om dringend en volhardend vir die volgende sake te bid:

Geestelike herlewing in ons kerke en gemeenskappe

Die gevolge van die droogte en vir reen

Die toenemende werkloosheid syfer

Die morele verval van ons land

Die stygende misdaad

Die opvoedkundige instansies in ons land

Christen leiers wat onverskrokke die waarheid sal verkondig en leiding sal gee

Die regering

Ondersteun en nooi u vriende na ons aktiwiteite

Ons poog om u en u familie te bedien

Omdat Hy leef sien ons kans vir more!!!

Past Hannes, Sharon en Rohan