Sondag 15 Januarie het die Kinderkerk se jaarlikse Coke blikkie projek afgeskop.  Jy drink die Coke en dan gooi jy al jou klein geld wat jy kan spaar in die blikkie en bring hom Maart maand weer terug kerk toe.  Die fondse wat so gegenereer word, word aangewend om lesmateriaal en bykomstighede aan te koop, sodat daar elke Sondag ‘n interessante boodskap aan die kinders gebring kan word om so ook die Koningkryk uit te brei.  Indien jy nie ‘n Coke blikkie gekry het die Sondag nie, kan daar nog by Sharon gekry word of jy kan sommer jou eie blikkie gebruik.  Elke bydrae maak nie saak hoe groot of hoe klein sal opreg waardeer word deur die Kinderkerk.